Ondersteun die ontwikkeling van Organic Maps
Organic Maps is ’n gratis, oopbrontoep. Dit is vry van advertensies, dit versamel nie u persoonlike data nie, en word ontwikkel deur ’n paar entoesiaste met die hulp van die gemeenskap.
Daar is verskillende maniere om die ontwikkeling te ondersteun:
- Skenk! Elke euro of dollar tel en help ons om bedieners te betaal en op te skaal.
 - Rapporteer foute en deel ideë op ons GitHub of d.m.v. e-pos.
 - Help ons om foute op te los en hersien kode as u ’n ontwikkelaar is. Elke klein opgeloste fout maak iemand blyer.
 - Vertaal ontbrekende stringe in die toep se koppelvlak.
 - Vertaal App Store en Android beskrywings in u taal.
 - Vertaal ons webwerf in u taal.
 - Sluit aan by die OpenStreetMap-gemeenskap en dra by tot die kaartdata.
 - Herstel rooi stede wat deur ons OV-kontroleerder gevind is, sodat moltreine en sneltrems in die toep werk.
 - Ondersteun ander gebruikers op GitHub, Telegram, Matrix, Twitter, Facebook, Instagram.
 - Vertel almal van Organic Maps. ’n Groter gemeenskap is ’n sterker gemeenskap.
 - Gradeer ons op Google Play, Apple Store, Huawei Appgallery.
 - Enige hulp is welkom!
 
Ons klein span is baie dankbaar vir u terugvoer en ondersteuning. Organic Maps sou nie moontlik wees sonder ons gebruikers nie ❤️.